Brande vlam weer op in Jonkershoek

Deel op

‘n Sterk wind oornag het die brand by die Jonkershoekvallei by Stellenbosch in die Boland weer laat opvlam, het RSG berig.

Die assistent-brandweerhoof van die Kaapse Wynlanddistriksmunisipaliteit, Jaco Thuynsma sê die brand woed nou in die rigting van Stellenbosch en talle eiendom word bedreig.

Die brand, wat reeds ‘n duisend hektaar plantegroei vernietig het, is Dinsdagmiddag glo onder beheer gebring.

Brandbestrydingspanne het egter in die gebied aangebly weens kommer dat sterk wind die brand weer kan laat opvlam.

Thuynsma sê sowat 150 brandbestryders is op die toneel.

Geen beserings is tot dusver aangemeld nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.