Vrou by myn verkrag

Deel op

‘n Vrou is glo by ‘n myn van Anglo American Platinum (Amplats) in Rustenburg verkrag, het die vakbond NUM Dinsdag gesê.

“Daar word beweer dat die vrou in ‘n aantrekkamer by die myn verkrag is,” het Sydwell Dokolwana, NUM se streeksekretaris in Rustenburg, gesê. Volgens Dokolwana is die vrou Sondag by die Thembelani-myn verkrag.

“’n Verdagte het glo die aantrekkamer met ‘n skroewedraaier binnegekom. Hy het die vrou beveel om haar klere uit te trek en gedreig om haar dood te maak indien sy nie gehoor gee nie.”

Die polisie in Noordwes het volgens Sapa bevestig dat ‘n klag van verkragting ondersoek word en dat ‘n 28-jarige man in hegtenis geneem is.

“Veiligheidsbeamptes kon daarin slaag om die verdagte voor te keer en het die polisie ontbied.” Hy sal na verwagting Dinsdag in die Rustenburg-landdroshof verskyn.

Volgens Dokolwana is daar aan hulle gesê dat die man nie ‘n werknemer van Amplats is nie, en wil hulle weet hoe die man toegang tot die myn se perseel verkry het.

Mpumi Sithole, woordvoerder van Amplats, het gesê die verdagte het glo ook nog ‘n vrou probeer leed aandoen. Volgens Sithole ontvang die vrou wat glo verkrag is sowel as die ander vrou albei traumaberading.

Chris Griffiths, uitvoerende hoof van Amplats, het gesê die maatskappy veroordeel enige vorm van geweld teen vroue. “Ons is baie hartseer oor die gewelddadige kriminele daad en veroordeel dit ten sterkste. Die veiligheid van ons werknemers is ons nommer een prioriteit.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.