Beweerde bordeeleienaar nie aangekla

Deel op

Die vier swart vroue wat Vrydag in hegtenis geneem is by ‘n beweerde bordeel in Fleurdal in Bloemfontein bly in aanhouding tot later vandeesweek.

Dit kom nadat Princess en Zanele Ncube, Sthando Zondi en Sandisile Gumede Dinsdag in die plaaslike landdroshof op aanklag van prostitusie verskyn het.

Zanele word ook aangekla vir die bedryf van ‘n bordeel, terwyl Princess tereg staan op ‘n bykomende aanklag van die besit van kokaïne.

Die vroue se verhoor is uitgestel tot Vrydag om meer inligting te bekom vir ‘n formele borgtogaansoek.

Intussen het die beweerde eienaar van die huis waar die vroue in hegtenis geneem is, nie in die hof verskyn nie.

Die 56-jarige man, glo verbonde aan ‘n hoër onderwys-instelling, is Saterdag by dieselfde huis gearresteer.

‘n Woordvoerder van die polisie, Chaka Marope, sê die saak is nie op die rol geplaas nie weens ‘n tegniese fout.

Sensitiewe inligting is nie op die klagstaat van die man ingesluit nie. het Marope gesê.

Hy sou na verwagting in die hof verskyn het op aanklag van die bedryf van ‘n bordeel. Sy prokureur Bertus Jacobs, sê hy is egter laat gaan omdat die staat nie die saak op die hofrol geplaas het nie.

Jacobs sê sy kliënt word nie met die misdryf verbind nie. Advokaat Nico Dreyer tree in opdrag van Jacobs vir dié man op.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.