Swart gepeupel rand blanke vrou in Oosrandse winkelsentrum aan

Deel op

‘n Blanke paartjie, Zoran Ramos en Natalie Spence, is op Sondag 1 Maart deur ‘n tierende groep van 15 tot 20 swartes in die East Rand Galleria aangerand.

Die twee is deur die aanvallende groep swartes “wit varke” genoem. ‘n Woordewisseling het plaasgevind waartydens die blankes “wit varke” (white pigs) genoem is. Toe daar aan Spence geslaan is, het Ramos haar probeer beskerm deur terug te slaan.

natalie_spence
Natalie Spence ná die aanranding

Binne oomblikke het die skare swartes van omtrent twintig egter op die twee weerlose blankes  toegesak en hulle begin aanrand.

Volgens ‘n ooggetuie, Jessica Smith, het Spence en Ramos op die vloer beland en kon nie wegkom nie. “Die twee het op die vloer gelê en kon nie beweeg of wegkom nie – hulle het om hulp geskree, maar nie eens die veiligheidswagte van die winkelsentrum wou hulle help nie,” sê sy.Teen dié tyd het ‘n bebloede Natalie Spence die trop swartes gesmeek om op te hou.Maar die aanranding het net aangehou, sê Jessica Smith. “Ek het selfs ‘n swart vrou gesien wat haar skoen uittrek om Spence mee te slaan en, ja, ek het ook ‘n swartman gesien wat haar teen die kop skop, wat die erge sny veroorsaak het.” (Sien foto hierby.)

“Die res van die gepeupel was besig om Ramos te skop en aan te hou om hom te slaan.

”Hy kon hulle nie almal terugslaan nie, en ek kon sien hy het probeer om Spence te verdedig.”

Smith het die polisie tydens die voorval geskakel, maar niemand het opgedaag nie. Dit het ‘n hele ruk geduur voordat enige hulp sou opdaag. Sy is deur die voorval geskok en het gesê: “‘n Paartjie is in ‘n openbare winkelsentrum aangerand sonder dat enige poging aangewend word om hulle te help; dis skokkend en heeltemal afstootlik!”Smith het ook gepoog om met die bestuur van die winkel te praat waar die onderonsie begin het, maar is vertel dat aangesien die fisieke aanranding buite die winkel se deure plaasgevind het, hulle geen verantwoordelikheid aanvaar nie.

“In vandag se tye behoort so iets nie plaas te vind nie,” meen Smith.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.