Lokval deur Britse agente lei tot spioenasieskandaal

Deel op

Die Sunday Independent het laat blyk dat ‘n lokval deur Britse agente aanleiding gegee het tot die lekkasie van spioenasie-inligting aan Al Jazeera.

‘n Aantal van intelligensie bronne sê ‘n agent wat besig was op ‘n geheime projek met die kodenaam Mokopa-missiel, het dossiere aan die Central Intelligence Agency (CIA) en die Britse geheime intelligensie M16 verkoop.

M16 het glo daarna dadelik die dossier aan die Suid-Afrikaanse Staatsveiligheidsagentskap (SSA) oorhandig. Die koerant berig dat kriminele en interne ondersoeke van stapel gestuur is.

Die koerant het ‘n “voormalige apartheidsera intelligensie-agent” die skuld vir lekkasie gegee, maar nie verklaar hoe dit in die hande van die Amerikaanse TV-stasie in Katar, Al Jazeera, gekom het nie.

Die agent het na bewering sy swaer toegelaat om sy amptelike rekenaar te gebruik. Die swaer het die dossier gekopieer.

Twee ondersoekbeamptes wat vertroud is met die geval wou egter nie kommentaar lewer oor die aangeleentheid nie.

“Die kabinet veroordeel in die sterkste terme die lek van dokumente wat die veiligheid van die land in die gedrang kan bring,” het die minister in die Presidensie Jeff Radebe, gesê.

Dokumente van verskeie internasionale spioenasie-agentskappe is aan die internasionale nuusnetwerk uitgelek. Al die dokumente hou ten nouste verband met Iran, Israel en die VSA.

Israel is bekommerd dat die VSA ‘n ooreenkoms met Iran sal bereik oor hul kernprogram.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.