VSA kondig sanksies teen Venezuela aan

Deel op

Die Verenigde State van Amerika het Venezuela Maandag as ‘n “nasionale veiligheidsbedreiging” verklaar in die ergste bilaterale diplomatieke geskil nog.

Sanksies sal teen sewe amptenare van die olieryke land ingestel word. Die land se intelligensiehoof, Gustavo Gonzalez, is een van die sewe.

President Nicolas Maduro het die sewe as nasionale helde verklaar en gesê hy verwerp die VSA se imperialisme.

Die Amerikaanse president Barack Obama het reeds die uitvoerende bevel onderteken, maar senior administrasie-amptenare het ontken dat Venezuela se energie-sektor of breër ekonomie geteiken word.

Vroeër in Februarie het Maduro Amerika daarvan beskuldig dat hulle agter die mislukte staatsgreep in Venezuela sit.

“Die noordelike imperiale mag verkeer in ‘n gevaarlike fase van desperaatheid, en gaan onderhandel met die vasteland [Suid-Amerika] se regerings om die omverwerping van my regering aan te kondig. En ek beskuldig vise-president Joe Biden hiervan,” het Maduro gesê.

Venezuela se leier het intussen aangekondig dat die land ‘n Amerikaans-geleide staatsgreep suksesvol afgeweer het. Dit sou na bewering ‘n aanval op die presidensiële paleis of ‘n ander topteiken behels.

Enige land wat deur die Amerikaanse administrasie as ‘n “bedreiging vir nasionale veiligheid” beskryf word, kan Amerikaanse sanksies te wagte wees.

Dieselfde proses is gevolg met lande soos Iran en Sirië, het Amerikaanse amptenare gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.