Die departement van kommunikasie gaan buurlande help om satellietskottels aan te skaf sodat hulle SABC-propaganda kan volg.
Die regering het ‘n veldtog aangekondig wat veral swart Suid-Afrikaners in staat sal stel om met skottels en toestelle uitsaai-seine na digitaal om te skakel.
‘n Woordvoerder van die Departement van Kommunikasie, Solly Mokoetle het bevestig dat die regering vyf miljoen swart huishoudings gaan help met toestelle om die uitsaai-seine om te skakel.
Dié maatreëls word onderneem ter voorbereiding van die omskakeling van analoog na digitaal-uitsendings van Junie vanjaar af.
Wit kykers sal self vir die omskakeling moet betaal as hulle belangstel om die SABC se volg.
Mokoetle sê dit is belangrik om inwoners op die grense van Namibië, Botswana, Mosambiek, Swaziland en Lesotho eerste te help.