Nuwe robotpak kan verlamdes help loop

Deel op

17:44:54 'n Japannese professor het robotpakke (klere) vir verlamde mense ontwerp wat hulle help om weer te loop deur hulle volgende beweging te

Image

‘n Robotpak

bespeur en hulle spiere te laat beweeg.

Deel op

Josjijoeki Sankai, 'n professor aan die Tsukuba-universiteit naby Tokio sê dit het tyd geword dat dié tegnologie aan die wêreld beskikbaar gestel word. Die naam van Sankai se maatskappy wat die robotpakke vervaardig, is Cyberdyne, dieselfde as die wetenskapfiksiekantoor in die Terminator-films.

Maar daar is geen gevaar dat Arnold Schwarzenegger se karakter dit sal kom opblaas nie. Sankai het by die Cyberdyne-kantoor gesê hy glo die tegnologie is slegs bruikbaar as dit vir mense werk. Hy weier enige militêre gebruik vir sy robotpakke. Cyberdyne het dié week reeds begin om 500 eenhede van die battery-aangedrewe robotpakke aan hospitale en rehabilitasiesentrums te verhuur om verlamde mense te help.

Sankai het videomateriaal gewys waar 'n man wat in sy onderlyf verlam is, loop en staan terwyl hy die robotledemate aanhet. Die robotpakke – wat  Hybrid Assistive Limbs  (HAL) genoem word – bespeur natuurlike elektriese strome wat oor die oppervlakte van die vel trek en  spierbeweging vooruitloop. HAL wat 11 kilogram weeg, beweeg dan die spier outomaties op die wyse wat die persoon bedoel het.

'n Prototipe van HAL stel die draer in staat om 45 kilogram te dra selfs al voel dit net soos 'n paar kilo's. Takashj Hama van 'n konstruksiefirma wat in Cyberdyne belê het, sê hulle kyk na die toekomstige gebruik van robotpakke op konstruksieterreine waar werkers swaar materiaal moet dra.

печь каменка длялобановский александр биография

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.