PRAAG pos klant se boek binne 96 minute!

By PRAAG probeer ons om vir al ons aanlynkopers flink en voortreflike diens te lewer. Vanoggend weer het ons ‘n goeie voorbeeld van ‘n tipiese aanlyntransaksie waar Klant X naby die Hartebeespoortdam ‘n eksemplaar van AWEREGS deur Dan Roodt bestel het. Aangesien hy met PayPal/kredietkaart betaal het, was die betaling onmiddellik en kon ons dadelik die boek gaan pos. Trouens, tussen die kennisgewing vanaf ons aanlynwinkel tot die registrasie van die item by die poskantoor het slegs 96 minute verloop!

Die boek is presies om 7:42 vanoggend gekoop:

praagboektransaksie

Slegs 96 minute later is die boek gepos, om 9:18:

praagboektransaksie2

Gewoonlik word die pos teen 14:00 elke middag afgehaal, dus sal die pakkie vanaand reeds by die Johannesburgse sorteersentrum genaamd “Witspos” wees en teen môre onderweg na sy bestemming. Sodoende slaag ons daarin om binne twee tot drie werksdae vir u ‘n boek te lewer; binne 24 uur indien u van die koerieropsie teen ‘n ekstra koste van R70 wil gebruik maak.

Met ‘n bietjie geluk, behoort hierdie boek oormôre in die kliënt se posbus naby die Hartebeespoortdam te wees.

Vertel gerus u vriende en familie van ons vaartbelynde boekdiens! Ons het ‘n gholfkarretjie wat heel dag heen en weer poskantoor toe ry om boeke te gaan pos om te sorg dat elke bestelling stiptelik uitgevoer word.

Besoek ons aanlynwinkel hier.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.