Japannese woedend oor kernkrag

Deel op

Betogers in Tokio, Japan, het plakkate uit protes teen die gebruik van kernkrag opgehou. Die land se regering onderspeel die skade wat die ramp veroorsaak het.

Duisende beswaardes het tydens hul optog ’n beroep op die regering gedoen om kernkrag in hul land te staak.

Die optog volg op die vooraand van die vierde herdenking van die 11 Maart-aardbewing en tsoenami wat verskeie ineenstortings by die Foekoesjima Dai-itsji-aanleg veroorsaak het.

Ten spyte van Japan se kernramp het sy regering vroeër besluit dat kernkrag as bron van elektrisiteitvoorsiening sal voortgaan.

Verskeie kernkragreaktors wat sluimerend was, is weer aangeskakel. Die land se minister van handel en nywerheid het verlede jaar aan verslaggewers gesê dat die regering “realistiese en pragmatiese energievoorsiening” beoog.

Japan het voor 2011 se Foekoesjimakernramp ongeveer 30% van die land se totale kragvoorsiening van kernkrag ontwikkel.

Ten minste 23 reaktors in die VSA is dieselfde generasie foutiewe General Electric-model wat misluk het in Foekoesjima.

Die Obama-administrasie word intussen daarvan beskuldig dat hulle die gevare van die reaktor se ontwerp onderbeklemtoon.
  
Tot nou toe, is dit geheim gehou dat General Electric die ses kernreaktors ontwerp het wat beskadig is en gesmelt het in 2011.

In werklikheid, het GE ook drie van die ses vervaardig, terwyl Toshiba twee gebou het en Hitachi een.

Die ontwerp van vyf van die ses reaktors is die GE Mark I model, terwyl die sesde die GE Mark II weergawe verteenwoordig.

Beide modelle is gekritiseer in die 1960’s as gebrekkige ontwerpe.

Byna vier dekades gelede het Dale G. Bridenbaugh en twee van sy kollegas by General Electric hul werke bedank nadat hy al hoe meer oortuig geraak het dat die kernreaktorontwerp so gebrekkig is dat dit kan lei tot ‘n verwoestende ongeluk.

Vrae oor die vermoë van die Mark 1 om die geweldige druk te hanteer wat wat opbou indien die reaktor sy verkoelingskrag verloor, het nooit opgehou nie en is ongelukkig deur die uiteindelike ramp te laat beantwoord.

GE en sy voorsitter Jeff Immelt persoonlik is albei rojale donateurs van Barack Obama en die Demokratiese Party.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.