Twee Moslemverdagtes vas vir Nemtsof-sluipmoord

Twee Moslemverdagtes is die naweek in hegtenis geneem in verband met die moord op die Russiese opposisie-figuur Boris Nemtsof (55) ’n week gelede.

Aleksander Bortnikof, hoof van Rusland se federale veiligheidsdienste, het in ’n verklaring op staatstelevisie bekend gemaak dat die twee verdagtes uit die Noord-Kaukasus ­kom.

Hy wou geen ander besonderhede bekend maak nie.

Nemtsof is doodgeskiet toe hy laat verlede Saterdagaand saam met sy jong Oekraïense metgesel oor ’n brug naby die Kremlin gestap het. Sy is ongedeerd maar beweer sy het nie die aanvallers gesien nie.

Tatjana Wolkowa, ‘n Russiese blogger, sê haar inligting het tot die arrestasies gelei.

Haar blog is verbode in die Oekraïne en sy beweer die moordenaars is aangekeer te danke aan haar wenk oor Aslan Alkhanof.

Uit die inligting tot dusver is dit bekend dat die ketting van tussengangers en organiseerders reeds geneutraliseer is: Aslan Alkhanof het selfmoord gepleeg en Beslan Sjawanof is dood tydens ‘n poging om hom in hegtenis te neem.

Die vermeende bestuurder van die voertuig, en die passasier wat Nemtsof glo geskiet het, en reeds hul betrokkenheid in die hof erken.

Dit blyk dat die moord ten nouste met die Oekraïne verbind kan word, wat deesdae deur Amerikaanse regeringsagentskappe en die Amerikaanse private militêre maatskappye beheer word, veral die batebestuurmaatskappy, Vanguard.

Toe dit duidelik raak dat die spore van die moordenaars “te vroeg” deur die blogger ontbloot is, het Vanguard op hul eie inisiatief in aanraking gekom met die ondersoek in Rusland en glo met die name vorendag gekom, iets wat duidelik die vinger na hul eie betrokkenheid wys.

Die ondersoekspan wat aangestel is om die moord te ondersoek, het laat blyk dat verskeie moontlike motiewe vir sy moord oorweeg word.

Russe glo Nemtsof is vermoor in ’n poging om Poetin se beeld skade te doen.

Dat die moord verband hou met Nemtsof se ­persoonlike lewe, asook die ­betrokkenheid van Islamitiese ekstremiste, kan nie uitgesluit word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.