NVG ontvang dossier van Stellenbosch-moorde

Deel op

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat hy ‘n dossier oor die moord op die Breda-familie van Stellenbosch ontvang het, het RSG berig.

Martin en Teresa Van Breda en hulle 22-jarige seun, Rudi is in Januarie op die De Zalze-landgoed op die dorp vermoor.

Die egpaar se dogter, Marli en seun, Henri het die aanval oorleef. Marli is steeds in die hospitaal, terwyl haar broer by familie tuisgaan.

Die NVG se Wes-Kaapse woordvoerder kon egter nie bevestig of enigeen binnekort in verband met die moord in hegtenis geneem gaan word nie.

Volgens berigte bevat die dossier genoeg forensiese- en omstandigheidsgetuienis om ‘n verdagte aan te keer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.