Omstandighede by heli-ongeluk nie bekend nie

Deel op

Die helikopter-vlieënier wat verongeluk het, Hendrik “Bees” Marais was glo ‘n hoogservare vlieënier.

Marais moes Sondag ‘n noodlanding in Kaappunt uitvoer waar hy met brandbestryding namens Working on Fire besig was.

Die omstandighede en redes waaronder Marais die noodlanding met sy helikopter by Kaappunt moes maak, is nie bekend nie.

Evelyn Holtzhausen, woordvoerder van Working on Fire, het gesê die ongeluk het naby Olifantsbos in die Tafelberg Nasionale Park uitgebreek. Marais en van sy kollegas is na die gebied uitgeroep toe brande daar uitgebreek het.

Hy is na die ongeluk onderweg hospitaal toe oorlede. Dié tragedie kom na die onbaatsugtige werk wat deur brandbestrydingspanne die afgelope week verrig is om brande in die Skiereiland te blus.

Talle openbare figure het hul medelye betuig met Marais se dood betuig en gesê Marais was ‘n deskundige op sy gebied.

Marais was voorheen ook ‘n vlieënier vir die Suid-Afrikaanse Lugmag, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Suid-Afrikaanse Rooikruis.

Die Burgerlugvaart-owerheid ondersoek intussen die omstandighede rondom die dood van die vlieënier.

Die Kaapstadse Metro het vroeër aangedui dat hy ‘n leidende rol sal speel in die ondersoek na die oorsaak van die ongeluk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.