Beleërde Eskom wil van wittes ontslae raak

Deel op

Eskom wil die aantal wit ingenieurs in sy diens verminder deur 1 081 ingenieurs en 2 179 wit ambagsmanne af te dank, volgens ‘n verslag deur ‘n arbeidskenner Jan de Lange in die Sondagkoerant Rapport.

Die nuwe regeringsriglyne vereis dat die beleërde Eskom, wat slegs met regstellende aksie uitblink, hierdie twee belangrike poskategorieë transformeer om “heeltemal die nasionale en plaaslike demografie te weerspieël” teen 2020.

Sowat 6 530 mense, van wie 30% of 1 786 wit is, beset tans poste in die “professionele en middel-bestuur” by Eskom.

Dit is meestal ingenieurs.

Van die 21 372 “tegnies geskoolde” werknemers by Eskom is 4 487 of 21% wit. Teen 2020 sal sowat 2 179 wittes die kragvoorsiener moet verlaat.

‘n Eskombestuurder het aan Rapport gesê twee jaar gelede is Eskom ook deur die vinnige transformasie-gogga gebyt wat tot rampspoedige gevolge gelei het. “Dit sal katastrofies wees as ons regstellende aksie teikens nou lei tot die vervreemding van mense wie se vaardighede ons nodig het.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.