Vier vroue tussen die ouderdom van 31 en 40 is vandag in Fleurdal in Bloemfontein in hegtenis geneem in verband met prostitusie.
Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê een van die vroue was ook in besit van dwelms. Hulle is van KwaZulu-Natal en Gauteng.
Volgens hom bedryf een van die vroue wat in hegtenis geneem is se vriend glo die bordeel. Hy is nog nie in hegtenis geneem nie. Marope sê die vroue sal na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Bloemfontein Courant verneem intussen vertroulik die beweerde eienaar van die eiendom waarop die bordeel glo bedryf word is, bly ook daar. Die persoon is na bewering werksaam by ‘n tersiêre instelling in Suid-Afrika.
Bloemfontein Courant is in besit van die persoon se naam en werkplek.