PUK se skorsing van SR-lid opgehef

Deel op

Die Noordwes-Universiteit se visekanselier, Dan Kgwadi, is verantwoordelik om die Potchefstroom-kampus se studenteraadvoorsitter, Monica van Schalkwyk, se skorsing uit die Institusionele Verteenwoordigende Studenteraad (IVSR) op te hef.

Van Schalkwyk se prokureur, Werner Human, sê haar skorsing was onregmatig. Daar is ook geen redes verskaf nie. Human sê sy is geskors, vermoedelik weens ‘n meningsverskil met lede van die IVSR.

Human het in ‘n brief aan Kgwadi gevra dat hy haar skorsing teen môre moet ophef, omdat hy volgens die statuut die hoofdissiplinêre beampte is en die fout moet regstel.

Die studenteraad van die Potch-kampus het intussen sy steun aan Van Schalkwyk gegee. Haar skorsing kom glo nadat sy standpunt ingeneem het teen ‘n grondwetwysiging wat deur ISR-lede, wat die Vaaldriehoek- en Mafikeng-kampusse verteenwoordig, voorgestel is.

Die voorgestelde wysiging verklaar dat besluitneming van die IVSR sonder instemming van die onderskeie partye kan plaasvind.

Dit kom daarop neer dat besluite oor kampusaangeleenthede deur die IVSR geneem kan word sonder dat hulle dié onderskeie kampusse verteenwordig.

Kgwadi het Vrydag bekend gemaak dat Van Schalkwyk heraangestel is in haar posisie as adjunkvoorsitter van die Institusionele Verteenwoordigende Studenteraad (IVSR) nadat sy haar vetoreg wou uitoefen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.