Nog ‘n bomdreigement in Gauteng

Deel op

Nog ‘n bomdreigement is in Pretoria ontvang nadat die Clearwater Mall in Roodepoort Maandag ontruim ontruim moes word vir dieselfde rede.

Die Absa-bank in Van der Hoffweg in die weste van Pretoria is Donderdag inderhaas ontruim word nadat die bank se assistentbestuurder omstreeks 11:40 ‘n anonieme oproep ontvang het om te sê dat ‘n bom oor twee minute sou afgaan.

Die gebou is vinnig ontruim en plofstofdeskundiges sowel as die honde-eenheid het die perseel gefynkam, maar kon nie enige teken van ‘n ploftoestel opspoor nie.

Cecile Braun, die sentrum se bemarkingsbestuurder, het bevestig dat die bank ontruim moes word na die dreigement.

Die polisie het intussen ‘n soektog na die anonieme oproeper van stapel gestuur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.