Minister dreig om huursoldate te laat arresteer

Deel op

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula het gewaarsku dat voormalige SAW-soldate wat as huursoldate in Nigerië optree, in hegtenis geneem moet word wanneer hulle terugkeer huis toe.

“Die polisie het ‘n verantwoordelikheid om te verseker dat, as hulle terugkom, die mense in hegtenis geneem word en die [Nasionale Vervolgingsgesag] het ‘n verantwoordelikheid om hulle te beheer. Daar is gevolge om die land te verlaat en enige vorm van militêre hulp as ‘n huursoldaat te verleen wat nie deel van die ontplooiing deur die regering is nie,” het Mapisa-Ngqakula gesê.

Abuja het egter gesê dat die ooreenkoms wat hul betrokkenheid uiteensit is met president Jacob Zuma sowel as op die hoogste vlakke van die Suid-Afrikaanse regering uitgeklaar, selfs al is die minister van verdediging nie bewus daarvan nie.

Volgens die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) is verskeie oud-Suid-Afrikaanse Lugmag-vlieëniers ook deel van die oorlog teen die Islamitiese insurgente Boko Haram in Nigerië.

Met presidensiële verkiesings hierdie maand, is Nigerië daarop gefokus om van Boko Haram ontslae te raak in al die groot stede voor stemdag op 28 Maart.

Die Suid-Afrikaners, ‘n span van 100 mense, lei glo spesialiseenhede in die Nigeriese weermag op.

Die oud-soldate speel glo ‘n belangrike rol in die stryd teen die ekstremiste nadat hulle gehuur is deur die Wes-Afrika-land saam met ander militêre kenners van Brittanje, die Verenigde State van Amerika en Frankryk.

“Die voormalige SAW-lede speel beslis ‘n groot rol in hierdie offensief. Hulle is in die land vir ‘n hele tyd reeds betrokke in die opleiding van ‘n paar gespesialiseerde NDF [Nigeriese Weermag] eenhede,” het ‘n voormalige militêre intelligensiebron gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.