Landbouminister sê wit boere wil graag transformeer

Deel op

Die minister van Landbou Senzeni Zokwana sê hy is baie tevrede met die houding van wit boere jeens rassetransformasie.

Dit kom na sy toespraak en deelname aan ‘n paneelbespreking by die jaarlikse Graan SA Kongres wat tans in Bothaville in die Vrystaat gehou word.
 
Hy sê die boodskap wat hy kry is dat boere nie teen rassetransformasie gekant is nie.

Oor die kwessie van die droogte, het Zokwana gesê dringende aandag sal gegee word aan wat hy “die mielieramp” noem.

Presiese tydsraamwerke kon nog nie gegee word nie, maar beide die minister en Graan SA se bestuur het media gerusgestel dat die hele proses beheer sal word deur wetgewing in terme van die Wet op Rampbestuur.

Die droogte kan meebring dat die mielieoes die kleinste die afgelope agt jaar gaan wees en beteken dat Suid-Afrika mielies sal moet invoer.
 
Zokwana het weer sy verbintenis herhaal om te verseker dat boere in ‘n posisie is om die volgende seisoen se oes in die grond te kry.

Zokwana, het gesê hy is besorg oor plaasmoorde, maar dat pro-aktiewe optrede nodig is om dit bestry en ‘n beroep op boere gedoen om as mentors op te tree en opkomende boere op te lei.

Hy sê boerdery is nie net ‘n sake-onderneming nie, maar voorsien voedselveiligheid vir die land.

Vroeër is bekend gemaak dat Suid-Afrika se mielieboere miljoen rande kan verloor nadat ‘n ooreenkoms om mielies na China uit te voer, deur die mat geval het.

Zokwana het vroeër gesê die regering se voorgestelde beperking van twaalf-duisend hektaar as maksimum grootte grond wat boere mag besit, is nog nie gefinaliseer nie.

Hy sê hy sal met die minister van grondhervorming samesprekings voer oor voorstelle wat boere gemaak het. Na gesprekke met boere, voel Zokwana dat daar nog nie genoeg duidelikheid oor die kwessie is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.