Israelse premier maak geskiedenis in VSA

Deel op

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het ‘n ­gesamentlike sessie van die Amerikaanse kongres Dinsdag in Washington, DC toegespreek om die VSA teen Iran se kernprogram te waarsku.

Die Huis van Verteenwoordigers se speaker, John Boehner, het ­Netanyahu genooi sonder om die Withuis daarvan te verwittig.

President Obama het nie die sitting bygewoon nie.

Netanyahu het geskiedenis gemaak: Nog nooit tevore in die geskiedenis van die Verenigde State het ‘n genooide buitelandse leier ‘n sittende Amerikaanse president openlik beveel om ‘n regime-verandering in derde land van stapel te stuur nie.

‘n Onlangse CNN-peiling toon egter dat die Amerikaanse openbare mening sterk teen Israel gekant is, met 63 persent van Amerikaners wat voel dat die uitnodiging aan Netanyahu om die Kongres toe te spreek onvanpas was.

Netanyahu het ook ‘n paar klankgrepe vir die besonder oningeligtes gehad wat nie tussen strydende Soennies en Sjiïete kan onderskei nie: “Iran noem homself die Islamitiese Republiek en ISIS noem homself die Islamitiese staat”.

Mauritanië, Pakistan en Afghanistan, gebruik ook die term “Islamitiese Republiek” in hul name, maar is nie met ISIS verbind nie. Die VSA sowel as Israel werk saam met dié drie lande.

Selfs 31 persent van Amerikaanse Jode, volgens ‘n vroeëre CNN-peiling, voel geen affiniteit vir die doelwitte van Israel om van die Palestyne ontslae te raak en ‘n oorlog teen Iran te begin nie.

In 2001 het die Franse ambassadeur na Brittanje, Daniel Bernard gewaarsku dat Israel ‘n derde wêreldoorlog wil begin.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.