Meer as 2000 brandslaners swoeg teen Kaapse brande

Deel op

Meer as 2 000 brandslaners is ingespan om ‘n brand wat oor die naweek in Muizenberg ontstaan het, onder beheer te bring en ongeveer 2 miljoen liter water van 2 000 waterbomme is gebruik om vure te probeer blus.

Nog ‘n brand het Woensdag in die Kaappunt-natuurreservaat uitgebreek.

Ten minste 13 eiendomme is deur die brand geraak. “Drie van die eiendomme is totaal verwoes waarvan twee in Constantia en een in Noordhoek,” het Zolile Nqayi, woordvoerder van die departement gesê.

Boyesrylaan en Chapmanspiekpad bly gesluit vir verkeer. Sowat 500 mense is reeds sedert Sondag ontruim.

“Die [2000 brandslaners] sluit 150 lede van die departement van omgewingsake se Working on Fire (WoF)-program in,” volgens Nqayi. “Altesaam 50 mense van Volunteer Wildfires Services en 250 WoF-brandbestryders is van ander provinsies ontbied om plaaslike owerhede by te staan.”

Ses-en-twintig vliegtuie is sedert Sondag ingespan in die brandbestrydingspoging . “Elf helikopters, ses vastevlerkvliegtuie en nege waarnemers van Tulbagh, Porterville, Donkerhoek, Stellenbosch, Bredasdorp, Stilbaai, Newlands, Plettenbergbaai en Knysna is ontplooi om die 11 brande te bestry.”

Die sowat 198 vlugure beloop reeds ‘n geraamde R2.4 miljoen.

Die stad se rampbestuursentrum het vroeër Woensdag gesê die reën in Kaapstad bring verligting. “As dit hard genoeg reën, is dit ‘n bonus vir ons. Maar as dit net liggies reën, help dit nie veel nie. Daar is baie min wind in die gebied,” het woordvoerder Charlotte Powell gesê.

“As dit reën is sigbaarheid ‘n groot probleem vir die helikopters.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.