Drie swart moordenaars se vonnisoplegging uitgestel

Deel op

Die drie swart moordenaars van Chris Jooste en sy vrou, Katrien, se vonnisoplegging is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria uitgestel tot 11 Maart.

‘n Vierde swart beskuldigde, word steeds deur die polisie gesoek nadat hy verlede jaar uit die Ga-Rankuwa-landdroshof ontsnap het.

Victor Mbuyseni Simango, Solomon Solly Selekane en Collen Peter Molapo is in Desember daaraan skuldig bevind dat hulle die egpaar in November 2011 doodgeskiet het terwyl hulle voorraad by ‘n spaza-winkel in Soshanguve wou aflewer.

Chris is in die maag geskiet terwyl hy op pad terug na sy bakkie was. Katrien is in die bors geskiet toe sy haar swart moordenaars met pepersproei wou afweer. Sy het ‘n laaste oproep na haar dogter Belinda gemaak nadat hulle geskiet is. Die egpaar het op pad na die hospitaal aan hul beserings beswyk.

Simango, Selekane en Molapo is ook skuldig bevind aan die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Simango is verder daaraan skuldig bevind dat hy 16 dae voor die moord ook R500 by die egpaar gesteel het.

Die staatsaanklaer Mari Marriot het gesê die swart beskuldigdes se optrede toon dat ‘n lewe geen waarde vir hulle het nie.

‘n Aangrypende brief wat deur Belinda, geskryf is, is in die hof voorgelees.

“My hele lewe en dié van my gesin het in ‘n oogwink verander. Een oomblik het ek ‘n ma en pa gehad en die volgende was hulle weg. Dood. Geskiet. Ons lewe is op ‘n reusemanier geraak. Ons het ‘n reuseverlies gely. Twee mense wat nog baie lewe gehad het om te leef is wreed uit ons lewens weggevat.”

Volgens Belinda het haar ouers se dood haar seuntjie hard getref aangesien hy by met hulle gewoon het. Sy persoonlikheid het verander en hy ontvang steeds berading. Belinda se werk het vereis dat sy baie moet reis. Sy moes egter trek wat haar beroep negatief geraak het. Belinda se oupa kon ook nie die skok hanteer nie. Hy was ‘n besige boer, maar het kort na die moorde as invalide gesterf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.