Onwettige immigrante dood toe boot omslaan

Deel op

Minstens tien mense het omgekom en 121 is gered, nadat ’n boot wat onwettige immigrante uit Noord-­Afrika na Sicilië vervoer het, omgeslaan het, het die Italiaanse kuswag Woensdag verklaar.

Talle mense het die afgelope maande gesterf in ’n toestroming van onwettige immigrante uit konflikgebiede in Noord-Afrika en die Midde-Ooste wat ’n heenkome in Europa gaan soek.

’n Patrollieboot van die Italiaanse kuswag het die oorskot na die Siciliaanse hawe, Augusta, geneem. Die meeste bote wat onwettige immigrante vervoer, vertrek uit Libië.

Libië is gedestabiliseer deur ‘n Amerikaanse inval en word beskou as ‘n falende staat. Die VSA het mbv NAVO die infrastruktuur van die land in puin gelê deur lugbombardemente om die land na die “Steentydperk” terug te neem en ‘n “rebellebeweging” met wapens ondersteun wat tans as ISIS funksioneer.

Libië was voorheen ‘n stabiele en vooruitstrewende land.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.