Die saak teen vier seuns van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap wat daarvan beskuldig word dat hulle na bewering ‘n klasmaat by die landbouskool onbehoorlik aangerand het, begin vandag in die landdroshof op die dorp.
Die kind was nuut by die skool en die voorval was blykbaar ‘n tipe van ontgroeningseremonie. Die seuns, wat van verkragting aangekla word, is vroeër op borgtog van een duisend rand elk vrygelaat, het RSG berig.
Hulle is uit die skool geskors. Daar was vroeër onsekerheid of die seuns van verkragting aangekla sal word.
Intussen is berigte ontken dat die saak teen een van die seuns teruggetrek is. Die woordvoerder van die Noord-Kaapse onderwysdepartement Sydney Stander, sê al vier seuns word steeds aangekla.