Amerikaanse ambassadeur in Suid-Korea aangeval

Deel op

Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Korea, Mark Lippert, is op sy gesig en arm Donderdag in Seoul deur ‘n mesaanvaller gesteek wat gekant is teen voortgesette Amerikaans-Koreaanse militêre samewerking.

Die Verenigde State van Amerika het die “daad van geweld” veroordeel en het gesê dat president Barack Obama met sy verteenwoordiger gepraat het. Die bebloede ambassadeur is na die hospitaal gehaas.

Getuies beskryf hoe ‘n man met ‘n mes in sy regterhand versteek oor ‘n tafel na Lippert geduik het by ‘n ontbytfunksie by die Sejong Kulturele Instituut.

Die bebloede Lippert
Die bebloede Lippert

Lippert, 42, is na die hospitaal gehaas. Die Amerikaanse ambassade het gesê hy verkeer in ‘n “stabiele” toestand.

Polisie het die aanvaller as Kim Ki-Jong, 55, geïdentifiseer en het gesê hy was in “nasionalistiese” drag geklee, naamlik in tradisionele Koreaanse klere en het slagspreuke geskree teen gesamentlike militêre oefeninge tussen die VSA en Suid-Korea.

Kim het Dinsdag gesê die militêre samewerking tussen Suid-Korea en die VSA verhoed die hervatting van ‘n dialoog tussen Noord- en Suid-Korea.

Sekuriteitspersoneel en polisiebeamptes het Kim oorrompel en in hegtenis geneem.

‘n Woordvoerder van die Koreaanse Raad vir Versoening en Samewerking, wat as gasheer vir die ontbytfunksie opgetree het, het om verskoning gevra vir die gebrek aan sekuriteit by die geleentheid.

Die jaarlikse militêre oefening het vroeër hierdie week afgeskop en hernude spanning met Noord-Korea veroorsaak.

Byna 30 000 Amerikaanse troepe is permanent in Suid-Korea gestasioneer en die Verenigde State van Amerika sal die operasionele bevel in die geval van ‘n gewapende konflik met die Noorde behartig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.