Khulubuse Zuma se Aurora-aansoek misluk

Deel op

Khulubuse Zuma se dringende aansoek om eise ter waarde van meer as R1.5 miljard teen Aurora Empowerment Systems tersyde gestel te kry, is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof van die hand gewys.

Regter Eberhardt Bertelsmann het die aansoek word met koste van die hand gewys.

Zwelinzima Vavi, algemene sekretaris van Cosatu, het die uitspraak as ‘n oorwinning vir werkers beskryf. Sowat 5 300 voormalige Pamodzi-werknemers word geraak.

Die uitspraak beteken dat die Pamodzi-likwidateurs hul hofgeding teen die Aurora-direkteure op 23 Maart kan voortsit.

Die NUM het ook die uitspraak verwelkom en gesê: “Khulubuse Zuma en sy sakevennote by Aurora moet al die geld wat hulle aan mynwerkers skuld oorbetaal.”

“Duisende van hierdie werkers leef nog steeds in armoede. Hulle het nie kos nie, nie water nie en sommige van hulle is siek. Daar is selfs persone wat oorlede is weens stres wat hierdie gevoellose tenderpreneurs veroorsaak het.”

Aurora se likwidateurs het die hof genader om die maatskappy se direkteurs aanspreeklik te hou vir die batestropery van die gelikwideerde Pamodzi-goudmyne in Springs, Gauteng en Orkney.

Aurora is in 2009 deur likwidateurs aangestel om Pamodzi se myne te bestuur nadat die maatskappy bankrot verklaar is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.