Bestuurder in hof oor R1 miljoen gesteelde geld

Deel op

Die bestuurder van ‘n bakkie wat verlede week in die besit van bykans R1-miljoen se beweerde gesteelde geld betrap is, is Dinsdag in die landdroshof op Trompsburg op R5 000 borgtog uitgelaat.

Vrystaatse polisiewoordvoerder, Ikobeng Hlubi, sê die 47-jarige Rollend Olive kon verlede Woensdag nie sy bestuurderslisensie in ‘n padversperring op die N1 toon nie.

Polisiebeamptes en lede van die verkeersdepartement by Hillside het sy bakkie deursoek en op ‘n houer met note afgekom.

Volgens Hlubi kon Olive nie ‘n voldoende verduideliking gee oor die geld wat in sy besit was nie. Sy sê Olive was van Kaapstad na Bloemfontein op pad toe hy voorgekeer is.

Dit is nog onduidelik van waar hy oorspronklik is.

Olive verskyn weer op 7 April in die hof. Die ondersoek duur voort.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.