Lees ‘n lekker Afrikaanse boek hardop!

Meer as 500 000 laerskoolleerlinge van oor die Vrystaat heen se belangstelling in die lees van boeke en die vertel van stories sal Woensdag by hul onderskeie skole geprikkel word.

Dit vorm deel van die internasionale dag waarop die wêreld aangemoedig word om ‘n boek voor te lees.

Die veldtog word plaaslik deur die Nalibali-leesprojek slegs in Engels aangebied. Die organiseerders sê die projek het ten doel om die plesier van storievertel in Engels aan swart kinders oor te dra.

Afrikaners word egter in die besonder aangemoedig om enige lekker Afrikaanse leesboek uit die rak te haal en hardop aan hul kinders of kleinkinders voor te lees om Afrikaners se leeskultuur te laat behoue bly.

Boekverkope toon dat Afrikaners byna die enigste taalgroep in Suid-Afrika is wat graag lees.

Die lees van stories ontwikkel kinders se verbeelding en kreatiwiteit, sowel as taalvaardigheid en denke, iets wat nie deur storievertelling alleen oorgedra word nie.

Kinders wat van boeke en lees hou, vaar ook gewoonlik goed op skool.

Ouers moet op hul moedertaal fokus sodat hulle die kennis en ryk woordeskat van Afrikaans nie vir hulle nakomelinge verlore laat gaan nie.

Kinders moet ook vir die pret lees pleks van prestasie, sê Sandra Land, ’n leeskenner en lektor in die opvoedingsdepartement van die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Vir kleuters en babas is ‘n klein stukkie teks op ‘n slag genoeg, maar dit moet gereeld gedoen word, verkieslik daagliks. Boeke met prente en woorde om die name vir goed te leer en ook kleuterrympies is nuttig om kinders te help assosiasies maak. Kry boeke met borde, lap of materiale waaraan kleingoed kan vat sonder dat dit bederf of selfs in die bad kan lees.

Lees met soveel uitdrukking as wat jy kan, selfs vir kinders tussen ses en nege. Gee aan die verskillende karakters stemme en onderbreek die leeswerk met indrukke en vrae om dit interessanter te maak.

Wanneer die kind eers gereeld lees, kan jy kort romans met eenvoudige intrige bekendstel. Deel ook ander leesmateriaal soos gedigte, koerante, tydskrifartikels, ook van die internet.

Selfs wanneer jou kind kan goed lees, sal hulle steeds daarby baat vind om te luister terwyl jy lees. Moet daarom nie ophou om vir jou kind te lees nie tot hulle gereed is.

Onthou dat ‘n kwartier se lees per dag ‘n kinders aan ‘n miljoen geskrewe woorde per jaar blootstel!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.