Brandweer deurnag om Skierleiland te red

Deel op

Kaapstad se rampbestuureenheid het Dinsdag gesê brandbestryders het deurnag geswoeg om brande by Chapmanspiek, Tokai-woud en Noordhoek onder beheer te bring en die brande mag dalk die Argus-fietstoer se roete raak.

Die brand woed sedert Sondagoggend en het vanaf Muizenberg verder versprei.

Intussen het brandbestryders van ander provinsies in die Kaap aangekom om te help om die vlamme te probeer blus.

Brandbestryders wat van diens af is, is ook ontbied om die brande in verskeie dele van die suidelike Skiereiland onder beheer te kry.

Een brandbestryder moes in die hospitaal opgeneem word vir brandwonde en 52 bejaarde inwoners van Noordhoek moes vir rookinaseming behandel word.

Vyf huise is in Silvermineweg in Noordhoek in puin gelê. Tintswalo Lodge naby Chapmanspiek is ook deur die brand beskadig.

In die gebiede wat geraak word, is daar swak sig is weens die rook. Boyesrylaan en Chapmanspiekrylaan is gesluit vir verkeer en motoriste kan vertragings in Muizenberg verwag.

Intussen het die organiseerders van die Argus-fietstoer, die Cape Town Cycle Tour aangedui dat hulle Woensdag uitsluitsel sal gee oor die finale roete wat Sondag gevolg sal word. Alternatiewe roetes wat gebruik kan word, is voorgestel.

Die publiek kan met die brandbeheersentrum in verbinding tree rakende ondersteuning aan brandbestryders by 021 689 7438.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.