Polisie ontplooi in Limpopo teen xenofobiese geweld

Deel op

Geweld teen Somaliërs in Ga-Sekgopo, oos van Pietersburg (Polokwane) in Limpopo, het daartoe gelei dat hulle hul moes hul winkels verlaat.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is ontplooi. “Die situasie is tans kalm en ‘n saak van openbare geweld word ondersoek,” het hy gesê.

‘n Somaliër is glo betrap met die selfoon van ‘n moordslagoffer. Die man is drie weke gelede vermoor. Inwoners het die Somaliër daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik is vir die moord.

Volgens die polisie het een van die moordenaars moontlik die selfoon aan die Somaliër gegee, of verkoop of vir herstel ingehandig. ‘n Moordverdagte is intussen in hegtenis geneem.

Een verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord en nog ‘n persoon het homself Sondag aan die polisie oorgegee.

Sedert Sondag het geweld en plundery in 11 gebiede in Sekgopo die Somalies immigrante uit hul winkels gedwing.

Somaliese winkeleienaars in die gebiede het gesê hulle leef in vrees, aangesien plaaslike swart inwoners dreig om hulle lewend aan die brand te steek.

Een van die winkeliers het gesê hy het al sy voorraad verloor tydens die plundertog. “Ons het ons voorraad, kruideniersware, klere en boumateriaal verloor,” het hy gesê.

Ander eienaars is bekommerd dat hulle kollektief verantwoordelik sal gehou word vir een oortreding. “Dit is jammer, want ons is nie eers deel van hierdie selfoonherrie nie, maar omdat ons buitelanders is, word ons ook ingesluit. Ons bly al jare lank in hierdie gemeenskap. Ons was ‘n familie, ons was deel van hulle.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.