Eskom: Elektrisiteit sal dié week ook sukkel

Deel op

Eskom het Dinsdag aangekondig dat elektrisiteitsvoorsiening vir die res van die week onder druk sal bly.

“As enige van ons kragopwekkers ingee, sal ons beurtkrag moet instel,” het Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, gesê. Hy het die publiek versoek om elektrisiteitsgebruik te beperk.

“Ons doen alles in ons vermoë om die kragopwekkers wat tans gediens word, weer in gebruik te stel,” het hy gesê.

Eskom het Maandag aangekondig dat die nuwe Medupi-kragstasie in Limpopo vir die eerste keer elektrisiteit gelewer het. Dit kom vanaf die eerste van die kragstasie se ses eenhede.

Die eenheid sal na verwagting in Junie elektrisiteit begin verskaf aan die nasionale netwerk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.