Klagtes teen oproerige soldate stil-stil laat vaar

Deel op

‘n Militêre hof in Heidelberg het Dinsdag klagtes van openbare geweld teen soldate stil-stil laat vaar.

Die oproerige soldate het in Augustus 2009 onwettig na die Uniegebou opgeruk en chaos veroorsaak om ‘n salarisverhoging van 30% te eis.

“Die klagtes van openbare geweld is van die hofrol geskrap,” het brig.genl. Xolani Mabanga volgens Sapa verklaar.

“Die direkteur van militêre vervolging is van voorneme om die aanklagtes teen die beskuldigdes terug te trek.”

Die 35 soldate word ook daarvan beskuldig dat hulle gedros het, maar die saak is tot Woensdag uitgestel.

Ongeveer 1 000 soldate het op 26 Augustus 2009 aan ‘n optog in Pretoria deelgeneem.

‘n Waterkanon, rubberkoeëls en traangas moes uiteindelik deur die polisie ingespan word om die oproerige soldate te verjaag toe hulle oor versperrings by die Uniegebou geklouter het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.