Nog ‘n verdoemende verslag oor Vrystaatse gesondheidskrisis

Deel op

Die departement van arbeid in die Vrystaat gaan na verwagting nog ‘n verslag wat verband hou met die gesondheidskrisis in die provinsie vandeesweek bekend maak.

Die verslag gaan na verwagting inligting oor primêre gesondheidsorg in die provinsie bevat. Dit volg nadat die departement ondersoeke by verskeie klinieke in die Motheo-streek gedoen het.

Die tekort aan medikasie, mediese personeel en medisyne by klinieke het die afgelope maande baie aandag in die media geniet.

Hierdie verslag volg kort op die hakke van ‘n verdoemende verslag deur die Openbare Dienskommissie in die Vrystaat.

Die Kommissie het na ‘n ondersoek by by Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein bevind dat die hospitaal ten minste R100 miljoen rand benodig om die agterstand in instandhouding, mediese toerusting, ‘n tekort in medisyne en tekort aan mediese personeel te befonds.

Josial Ramokoena, woordvoerder van die department van arbeid in die Vrystaat het die ondersoeke by klinieke bevestig en gesê die verslag gaan na verwagting nog vandag bekend gestel word.

Intussen het die departement van gesondheid in Gauteng erken dat hulle die afgelope twee jaar R276 miljoen moes uitbetaal aan eisers weens mediese nalatigheid. Dit verteenwoordig ‘n kommerwekkende styging.

In 2013/14 is R155 miljoen aan eise uitbetaal en R121 miljoen in die vorige jaar. Die departement het die afgelope vier jaar nog elke saak verloor teen eisers oor hul swak mediese praktyke.

Die departement van gesondheid was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.