MDC veroordeel Mugabe se rassisme teen wittes

Deel op

Zimbabawe se amptelike opposisie, Movement for Democratic Change het president Robert Mugabe se uitlatings oor wit boere tydens sy 91ste verjaardagviering as kras en rassisties bestempel.

Partyleier, Morgan Tsvangirai het Mugabe se dreigement om plase te vat wat nog aan wit boere behoort, streng veroordeel.

Tsvangirai sê beleggers sal nooit in ‘n land belê wat deur ‘n onverdraagsame, korrupte en rassistiese opsweper regeer word nie.

Na raming behoort 300 tot 400 plase steeds aan wit boere.

Tsvangirai het gesê Mugabe se uitlatings is veral onvanpas inaggenome dat die Zimbabwiese president tans voorsitter van twee vername Afrika-organisasies is, naamlik die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sowel as die Afrika-Unie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.