Voertuie brand, buitelanders geteiken oor teerpaaie

Deel op

Plundery en geweld teen buitelanders in die Ga-Phasha-lokasie naby Steelpoort in Limpopovier duur voort.

Voertuie is aan die brand gesteek en winkels van buitelanders is geplunder nadat ‘n optog oor dienslewering buite beheer geraak het.

Die oproemakers eis ‘n teerpad in die gebied. Hulle is glo vasberade om die gebied onregeerbaar te maak totdat hulle ‘n teerpad kry.

Die vier voertuie wat in ligte laaie gelaat is, volg op ‘n bus en minibustaxi wat verlede week aan die brand gesteek is.

Oproeriges het die R555 tussen Steelpoort en Burgersfort met brandende stompe en klippe versper.

Ses-en-dertig betogers is intussen weens openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging tydens die oproer in hegtenis geneem.

Die polisie sê daar sal nog mense in hegtenis geneem word in verband met twee vragmotors wat ook aan die brand gesteek is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.