SA ambassadeur na Japan lieg oor doktorsgraad

Deel op

Suid-Afrika se ambassadeur in Japan, Mohau Pheko, het Vrydag aan die SABC gesê sy spyt dat sy voorggee het sy het ‘n doktorsgraad.

Pheko het gelieg dat sy in 2000 haar PhD aan die Amerikaanse La Salle Universiteit verwerf het.
 
Maar die universiteit is gesluit in 1996, toe dit geblyk het dat hulle grade en ander akademiese kwalifikasies via die internet verkoop, het die uitsaaier berig.
 
Pheko het aan die SABC gesê die universiteit was wettig en dat sy geregistreer was, maar dit het gesluit voordat sy haar doktorsgraad kon ontvang.
 
Sy het aan die uitsaaier gesê dat sy steeds aandring om as “doktor” aangespreek te word.
 
Pheko is deel van ‘n hele lang lys van openbare ANC-amptenare wat bedrieglike stellings oor hul akademiese kwalifikasies gemaak het. Hulle sluit ‘n senior lid van die ANC en voormalige LP Pallo Jordan, en voormalige SABC-voorsitter Ellen Tshabalala in.
 
Die opposisie het Vrydag geëis vir Pheko dadelik herroep word hangende ‘n ondersoek na die wanvoorstelling van haar kwalifikasies.
 
President Jacob Zuma was glo bewus van Pheko se gelieg oor haar graad in 2010, toe sy aangestel is as ambassadeur in Kanada.
 
“Niks minder as ‘n volle parlementêre ondersoek na hierdie internasionale flater is nodig nie,” het ‘n opposisielid gesê en bygevoeg dat van die presidensie en Dirco [departement van internasionale betrekkinge en samewerking] ook reeds jare lank bewus was hiervan, maar niks daaraan gedoen het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.