Wie het toegang tot SA se deurtastende spioenasie?

Deel op

Die “grootste lekkasie van geheime dokumente in demokratiese Suid-Afrika se geskiedenis” deur Al Jazeera bevat glo ‘n dokument wat deel is van die Suid-Afrikaanse spoke se Handboek van tegniese intelligensiebeleid en -prosedures.

Dié dokument is ‘n aansoekvorm wat agente in staat stel om ‘n reeks afloermoontlikhede te ontgin volgens Media24.

■ Meeluister in kamer – klankwaarneming;

■ Meeluister in kamer – videowaarneming;

■ Selfoononderskepping;

■ Faksonderskepping;

■ Telefoononderskepping;

■ Kloon van rekenaar-hardeskyf en ontleding;

■ Rekenaaraktiwiteit-monitering;

■ Internetonderskepping (e-pos); en

■ Fotografiese dienste.

Desnieteenstaande en ten spyte van ‘n deurtastende aantal beskikbare middele, is dit vreemd genoeg steeds onmoontlik vir staatsagentskappe om iets aan plaasmoorde en landelike veiligheid te doen.

Terwyl dit bekend is dat die VSA – wat oor soortgelyke middele beskik – hul data en ontleding aan ‘n buitelandse moondheid beskikbaar stel, is daar eweneens geen inligting oor wie toegang tot hierdie insameling het nie.

Is dit toeganklik vir die meer-as-honderd buitelandse spioene waarvan Al Jazeera ons vertel? En wat maak hulle hiermee? Uiteraard vrae wat Media24, die post-1994-verkoopsagent, nooit sal beantwoord nie, wat nog te sê vra.

Dat oud-terroriste en hul meelopers ons deesdae verseker dat die Nuwe Suid-Afrika “soewerein” is, is verdere rede tot kommer. As die land ooit “soewerein” was, sou hulle nooit aan bewind gewees het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.