Reën kom, maar vir talle te laat

Goeie reënbuie in groot dele van die Vrystaat die afgelope week het welkome verligting vir talle boere gebring al het droogtetoestande reeds sy tol op baie somergewasse, veral mielie-oeste geëis, het OFM berig.

‘n Gemengde boer van Bothaville, Christiaan Bouwer, sê die afgelope week se reën help baie vir weiding en dele in die distrik kan baat daarby. Hy sê egter die reën het té laat gekom vir ‘n groot deel van sy mielie-oes omdat daar nie vol bestuiwing weens die droogte en hitte plaasvind het nie.

Sy sonneblom-oes het ook skade gely, terwyl die reën wel vir sy grondbone, wat nog groen en welig is, gehelp het.

Bouwer meen die hele distrik het sowat 50% droogteskade.

Volgens hom is dit die eerste keer sedert Kersfees dat dit goed in die distrik gereën het.

Intussen voorspel die Nasionale Weerdiens in Bloemfontein nog reën oor die naweek vir sentraal-Suid-Afrika. Daar is ‘n 60% kans op reën môre en Saterdag vir die hele Vrystaat, terwyl daar ‘n 30% kans op reën vir Noordwes is. In die oostelike deel van die Noord-Kaap is daar ‘n 30% kans op reën tot Sondag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.