Twee bejaardes gesteek, doodgebrand in hul huis

Deel op

Die bejaarde egpaar wie se liggame Donderdagoggend in hul gebrande huis in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal aangetref is, se name is bekend gemaak.

Albei slagoffers is met ‘n skerp voorwerp in hul nekke gesteek.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het die egpaar geïdentifiseer as Melvin Lawson en sy vrou Susanna, albei 71 jaar oud.

Malcolm se liggaam is in die spaarkamer aangetref met sowat vyf steekwonde aan sy nek. Susan se liggaam het in die gang gelê. Die verdagtes het glo petrol of paraffien oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek.

Die aanvallers het die egpaar se huis aan die brand gesteek voordat hulle van die toneel gevlug het. Hul televisiestel word vermis.

Die bure het die nuus versprei dat die Lawson-egpaar se huis brand. Die polisie was glo dadelik op die toneel.

Die polisie ondersoek twee sake van moord, ‘n saak van huisroof en ‘n saak van brandstigting. Dii is nie bekend hoeveel aanvallers die egpaar vermoor het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.