Waarnemers glo Lesotho reg vir stem

Deel op

Verkiesingswaarnemers van die Afrika Unie glo dat Lesotho gereed is om môre na die stembus te gaan, het RSG berig.

Die span van 40 waarnemers is reeds vir meer as ‘n maand in Lesotho. Die leier, Raila Odinga, sê hoewel daar uitdagings is, glo die span dat die speelveld gelyk is en dat ‘n vry en regverdige verkiesing moontlik is.

Meer as een komma twee miljoen kiesers sal na die stembus gaan. Die verkiesing is met twee jaar vervroeg om ‘n einde aan politieke onstabiliteit in die bergkoninkryk te bring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.