Skare slaan selfmoordbomaanvaller dood

Deel op

‘n Selfmoordbomaanvaller in Nigerië wat ‘n tweede ontploffing wou veroorsaak, is deur ‘n skare doodgeslaan.

Minstens 17 mense is dood toe ‘n selfmoordbomaanvaller by ‘n bushalte in die noordooste van Nigerië se Borno-staat toegeslaan het.

Volgens militêre bronne het ‘n tweede selfmoordaanvaller probeer om sy toestel by dieselfde bushalte te laat ontplof.

‘n Skare mense het hom egter gekeer en doodgeslaan.

Die Boko Haram-groep is bekend daarvoor dat hy selfmoordbomaanvallers gebruik.

Die Nigeriese weermag, saam met sy buurlande Kameroen, Niger en Tsjad het die afgelope drie weke verskeie oorwinnings in skermutselings met Boko Haram behaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.