Boer morsdood geskiet in plaashuis

Deel op

‘n Boer van Natal is Dinsdagaand op sy plaas, Mashonisa, in KwaZulu-Natal doodgeskiet in die jongste plaasmoord.

Terrence “Terry” Rizzato, ʼn 62-jarige boer van Hluhluwe is in die bors geskiet deur swart aanvallers.

‘n Polisiewoordvoerder, het sê werkers is Woensdag met vuurwapens aangehou en van hul selfone beroof.

Die aanvallers het daarna die slagoffer se huis binnegeval waar hulle hom in sy bors geskiet het. Hy is volgens die polisie op die toneel dood verklaar.

Die verdagtes het met kontant en die boer se bakkie van die toneel gevlug.

‘n Saak van huisroof en moord word ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die voertuig, ‘n sjampanjekleurige Toyota Hilux word steeds vermis.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.