Nuwe rasse-teikens vir rugby deur unies verwelkom

Deel op

Die teiken wat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie in sy nuwe strategiese transformasieplan bekend gestel het, sal beteken dat alle rugbyspanne teen 2019 50% swart spelers op die veld moet stoot.

Die swart helfte van die span moet 60 persent etniese swart spelers bevat, en nie bruines nie.

Die kwotastelsel deur SARU (SA Rugbyraad) word deur die meeste groot unies verwelkom.

Die Blou Bulle, die Goue Leeus, Vrystaat, SWD, Boland en OP het reeds aangedui dat hulle die transformasieplan wat van volgende jaar op álle vlakke van Suid-Afrikaanse rugby sal geld, aanvaar.

Kobus le Roux, woordvoerder van die Vrystaat-rugbyunie (VRU), het gesê die Cheetahs “het reeds in vanjaar se Superreeks aan die transformasievereistes voldoen met gehalte-spelers”.

Die Leeus se uitvoerende hoof en voormalige Springbok-breier, Rudolf Straeuli, het die unie se verbintenis tot transformasie bevestig, maar sê ‘n debat oor die voorgestelde plan is “teenproduktief”, waarskynlik omdat die meestal wit toeskouers nie gelukkig gaan wees nie.

‘n Senior werknemer van die BBM het anoniem verklaar: “Dit is die werklikheid en jy moet daarby aanpas.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.