Vyf verdagtes met onwettige vuurwapen vasgetrek

Deel op

Die Vrystaatse polisie het vyf verdagtes tussen Kroonstad en Welkom met ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem.

Die vuurwapen is opgespoor nadat die polisie ‘n voertuig voorgekeer en deursoek het, het RSG berig.

Hulle het ‘n vuurwapen, ‘n magasyn en ses rondtes ammunisie gevind.

Die polisie het ook op ses selfone beslag gelê. Die verdagtes sal binnekort op Welkom in die hof verskyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.