Minister sê SA se soewereiniteit onaangetas na spioenasiedebakel

Deel op

Die Minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo het Suid-Afrikaners die versekering gegee dat die land se onafhanklikheid en soewereiniteit behoue gebly het.

In ‘n skokonthulling wat deur die nuusagentskap Al Jazeera gelek is, het Suid-Afrika se intelligensiediens hul agterdog met Israel se betrokkenheid in Afrika te kenne gegee en hul samewerking beperk.

Volgens die verslag probeer Israel voorts opstande in Afrika aanmoedig deur regerings te destabiliseer en wapens te smokkel, lê hulle beslag op diamante en saboteer hulle Egipte se watervoorsiening.

Hy het vroeër gewaarsku dat hy streng sal optree teen enigiemand in die Suid-Afrikaanse Staatsveiligheidsagentskap as hulle betrek sou word by die uitlek van die dokumente.

Hy het ook bevestig dat hy ‘n amptelike ondersoek na die voorval gelas het. Van die dokumente is na bewering deur intelligensie-netwerke in verskeie lande, insluitende Suid-Afrika, uitgelek.

Hy sê hulle het kennis geneem dat die name van twee politici en ‘n vakbondlid genoem word in die uitlek van die Afrika-dokumente. Hy sê ‘n taakspan onder leiding van die direkteur-generaal van die departement sal die uitlek van dokumente ondersoek.

Die Guardian het intussen berig dat ‘n 2007-inbraak by die Pelindaba kernnavorsingsentrum deur vier gewapende en “tegnologies gesofistikeerde misdadigers” deur Suid-Afrikaanse intelligensie beskou is as spioenasie.

Verskeie spioenasie agentskappe het belangstelling getoon in die vooruitgang van Suid-Afrika se korrelbedreaktor (KBMR). Volgens die intelligensiediens is die inbraak by die PBMR vermoedelik gedoen om die planne aan China te verkoop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.