Begroting teiken wit belastingkoeie

Die regering het in sy begrotingsrede die bekommernisse van die gewone belastingbetaler herbevestig.

Staatskuld wat in 2017 tot ‘n enorme R2,3 triljoen gaan styg, was een daarvan. Reeds R153 miljard word begroot net om die rente op staatskuld vir 2015 te dek.

Die grootte van hierdie bedrag is nie onbenullig nie, veral in die lig gesien van ontwikkelende lande soos Griekeland wat tans ten gronde gaan weens skuld.

Vrese groei dat die regering met ‘n ekonomiese groeikoers van 2% nie in staat sal wees om Suid-Afrika op die lang termyn uit ‘n skuldput te kry nie.

Die ANC moes daarbenewens vir die eerste keer in twintig jaar die persoonlike belasting met een persentasiepunt opstoot.

Brandstofheffings sal ook aansienlik verhoog word binne die volgende twee maande om die sukkelende Padongelukfonds (RAD) te red.

BTW, ‘n baie meer regverdige belasting wat op alle Suid-Afrikaners gehef kan word, is egter nie verhoog nie. Twee persentasiepunte sou ten minste ‘n deel van die nypende tekorte aangespreek het, te wete byna R40 miljoen.

Die klem bly egter om die die krimpende groepie wit belastingbetalers te straf vir die ANC se spandabele landsbestuur.

Persoonlike belastingbetalers word geteiken om die las van wanbesteding, korrupsie en gebrek aan bestuur te dra.

Die deurlopende hulp aan openbare ondernemings soos Eskom en SAL, sonder planne om dié instellings na behore te reg te ruk, is net nog geld in die water.

Die regering het pas aangekondig dat die aankope van skoolboeke gesentraliseer sal word is ‘n poging om korrupsie hok te slaan.

Die staatsdiens beskik egter reeds nie oor die administratiewe vaardighede om so ‘n aankoopproses suksesvol te implementeer nie.

Die enigste goeie nuus is dat klein sakeondernemings ‘n aantal belastingvrystellings kan verwag.

Rokers en drinkers sal moet hoes en proes, met whiskey wat byna R4 per bottel duurder sal word en ‘n pakkie sigarette met byna R1.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.