Jaar van die skaap of Eeu van die draak?

Deel op

Die vieringe van die Chinese nuwe jaar wat die jaar van die skaap inlui, het pas tot ‘n einde gekom.

Fortuinvertellers in Hongkong sê die jaar van die skaap sal kalmer wees as die vorige jaar van die perd wat gekenmerk is deur katastrofiese lugrampe, wrede terreuraanvalle, globale politieke onstabiliteit, die Ebola-virus en oorloë.

Rusland, Indië en China, het intussen ‘n kragtige boodskap na die Weste gestuur: Dié drie lande is besig om ‘n komplekse trilaterale strategie op te stel wat’n netwerk van ekonomiese deurgange insluit, bekend as “Syroetes”.

Die nuwe Syroetes strek regoor Eurasië. Beijing is ook besig om ‘n maritieme weergawe, geskoei op die prestasies van Admiraal Zheng uit die Ming-dinastie, op te rig. Zheng was die bevelvoerder van ‘n vloot van meer as 200 vaartuie.

Moskou en Beijing beplan om ‘n nuwe hoë-spoed spoorverbinding, soortgelyk aan die Trans-Siberiese een aan te lê. Beijing is ook verbind tot sy groeiende strategiese vennootskap met Rusland wat kritieke finansiële en ekonomiese hulp betref. Terwyl sanksies Moskou in die gesig staar en ‘n rampspoedige olieprysoorlog dreig, is dit ‘n heel nuttige en voordelige vennootskap.

China se suidelike bure, te wete Afghanistan, is ten spyte van die 13-jarige Amerikaanse oorlog daar, vinnig besig om in die Chinese se hoëspoed ekonomiese baan ingetrek te raak, terwyl ‘n beplande China-Myanmar oliepyplyn as ‘n spelbreker beskou word in die herkonfigurasie van Eurasiese energiebehoeftes.

Dit is maar enkele projekte van die dolle vaart waarmee Beijing se leierskap gedefinieer word.

Die visie van ‘n nuwe, verbysterende infrastruktuur, sal China, Sentraal-Asië, die Midde-Ooste, en Wes-Europa verbind, in ‘n soort omgekeerde reis van Marco Polo, tot in Venesië.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.