Australië verskerp anti-immigrasiebeleid

Deel op

Australië gaan sy immigrasiewette verskerp en toeslaan op groepe wat haat aanhits ingevolge ’n rits teen-terrorisme maatreëls wat gister ingestel is om die bedreiging van plaaslike terrorisme die hoof te bied.

Eerste minister Tony Abbott het die maatreëls in die nadraai van Desember se dodelike aanslag op ’n kafee in Sydney se besige Martin Place plaza, aangekondig, het AP berig.

Man Monis, ’n selfverklaarde geestelike met ’n lang kriminele rekord, het 18 mense in die kafee gyselaar gehou en hulle gedwing om ’n vlag met ’n Islamitiese geloofsverklaring omhoog te hou, terwyl hy geëis het dat ’n vlag van die Islamitiese Staat aan hom voorsien word.

Monis en twee gyselaars is in die aanval dood. ’n Regeringsoorsig na die voorval het geen fout gevind met verskeie agentskappe wat nie agtergekom het Monis is ’n bedreiging nie, ondanks die feit dat hy uit was op borgtog op klagte van seksuele geweld en dat hy ’n medepligtige in ’n moordsaak was.

Abbott het toegegee dat die stelsel self misluk het en het gesê Monis moes nooit toegelaat gewees het om Australië binne te kom nie.

Hy moes ook nie op borgtog vrygelaat gewees het en moes nie toegelaat gewees het om ’n vuurwapen te koop nie.

ISIS-militante het Sondag ‘n dubbele aanslag teen Iran se ambassadeur in Libië van stapel gestuur, het AFP berig. Die aanval het glo die vensters van die ambassade van die Oekraïne in die slag laat bly.

Iran neem deel aan die lugveldtog teen ISIS in Irak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.