Minister ontken dat hy Shaik-paroolaansoek ontvang het

Deel op

Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, sê hy het nie persoonlik ‘n aansoek ontvang van die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik om sy mediese parool te verander na gewone parool nie.

Die Ministerie het egter bevestig dat die aansoek is deur die mediese parool adviesraad aan die departement gestuur is.

Shaik is in Maart 2009 op mediese parool vrygelaat nadat hy twee jaar en vier maande van sy vonnis uitgedien het. Hy is in 2005 skuldig bevind aan twee aanklagte van korrupsie en een van bedrog en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Opposisiepartye het gesê Shaik se aansoek om gewone parool behoort afgekeur te word. Shaik het glo onlangs aansoek gedoen het om sy mediese parool na gewone parool om te skakel.

“Shaik se aansoek om sy mediese parool om te skakel in gewone parool, is bewys dat sy mediese parool ‘n klug was,” het ‘n opposisiewoordvoerder gesê. “Vir mediese parool moes hy terminaal siek gewees het, en indien hy nou genees is, moet omvattende inligting beskikbaar gestel word watter mediese behandeling hy ontvang het.”

Clive Derby-Lewis wat werklik siek is en aan kanker ly, het nog steeds nie mediese parool ontvang nie.

‘n DA-woordvoerder oor korrektiewe dienste, het gesê minister Michael Masutha moet die aansoek afkeur, aangesien Shaik implisiet daarmee erken dat hy nie terminaal siek is nie. “Ons het destyds al vermoed dat Shaik nie vir mediese parool in aanmerking gekom het nie, maar dat hy voorkeurbehandeling ontvang het weens sy bande met die president.”

“Indien die minister Shaik se aansoek goedkeur, sal die DA dit ernstig oorweeg om die besluit op hersiening te neem. Schabir Shaik het sy bed gemaak en hy moet daarin slaap.”

Shaik het in 2008 om presidensiële kwytskelding aansoek gedoen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.