TUT gee R60 miljoen aan oproerige studente

Deel op

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie het 60 miljoen rand bewillig vir studentehulp om sodoende om ‘n einde te bring aan betogings by al sy kampusse, het RSG berig.

Studente het verlede maand met gewelddadige betogings begin toe daar aangekondig is dat staatsubsidies uitgeput is.

Die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema het vanjaar 463-miljoen rand aan die TUT toegeken, teenoor die 633-miljoen rand verlede jaar.

Die Universiteit het van sy eie geld beskikbaar gemaak aan meer as vyf duisend studente wat nou met hulle studies kan voortgaan.

Die vise-kanselier, professor Lourens van Staden sê die Universiteit het meer as 74.000 studente en dié geld is slegs vir behoeftige, maar verdienstelike studente.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.